Die akteur en musikant, Neil Sandilands, het bevestig hy, Schalk Joubert, Ronan Skillen en Frank Freeman, gaan die winter as musiekgroep deur die land toer.
Hulle optrede word voorlopig as 40 days and 40 nights geadverteer. Dit gaan egter in Afrikaans wees, het Sandilands op sy Facebook-blad geskerts.
Aanhangers kan hulle laat weet indien hulle in Julie ’n optrede naby hulle wil sien.
’n Volledige verklaring met meer besonderhede volg glo binnekort.
Bron: Neil Sandilands Facebook-blad
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: