Nelson Mandela-kleinseun lid van groep op pad na Gasa om blokkade te breek

Lees ook :

Nelson Mandela se kleinseun deel van groep op pad na Gasa om blokkade te breek fotokrediet: X

GASA. – Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela (51), is een van die Suid-Afrikaners wat op ’n vloot bote na Gasa gaan reis om Israel se blokkade te breek.

Lees ook: Israel roep 40 000 reserviste op vir oorname van Gasastad

Mandela is deel van ‘n groep Suid-Afrikaners van 11 wat gister na Tunisië vertrek het om teen Donderdag met ‘n boot in die Mediterreense See by Greta Thunberg se groep aan te sluit. Meer as 40 bote van ten minste 44 lande vorm die flottielje wat beplan om Israel se blokkade op Gasa te breek en kos en humanitêre hulp af te laai.

Hy het gesê: “Baie van ons wat die gebiede in Palestina besoek het wat deur Israel beset word, het tot een gevolgtrekking gekom: die Palestyne beleef ’n baie erger vorm van apartheid as wat ons ooit ervaar het”. Mandela het bygevoeg: “Ons glo die globale gemeenskap moet aanhou om die Palestyne te ondersteun, net soos hulle sy aan sy met ons gestaan het”.

Bronne: Polity.org, IOL, US News

Lees ook: Israel roep 40 000 reserviste op vir oorname van Gasastad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief