Lees ook: WGO keur entstof teen a-pokke vir tieners goed
Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het inwoners gewaarsku om in die komende feesseisoen versigtig te wees vir a-pokke.
Die munisipaliteit het gesê daar is sover geen gevalle van a-pokke in die metro nie, maar dat mense waarskynlik tydens die feesseisoen gaan reis en dus versigtig moet wees.
Mense word aangemoedig om na die naaste mediese fasiliteit te gaan as hulle enige simptome van a-pokke ervaar.
Simptome sluit ‘n uitslag, koors, seer keel, hoofpyn, seer spiere, lae rugpyn en lae energie in.
Bronne: SA News, Dev Discourse, Facebook