Lees ook: Israel en Hamas val mekaar weer aan
RAFAH. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die aanval op Rafah waarin minstens 45 burgerlikes dood is ‘n “tragiese ongeluk” genoem. Minstens 45 Palestyne is dood na ‘n Israeliese lugaanval ‘n kamp getref het waar hulle geskuil het.
Netanyahu het gesê dis belangrik dat Israel elke moontlike stap neem om gewone burgers te beskerm en die weermag het hulle beste gedoen om nie die burgers seer te maak nie. Hy het ook gesê hy “gaan nie die oorlog beëindig voor elke doel bereik is nie”. Netanyahu het gesê die dood van die burgers was ‘n “ongeluk” en hulle ondersoek die voorval.
Internasionale organisasies het die aanval veroordeel en die VN het Israel gevra om te doen wat die Internasionale Geregshof hulle beveel het. Die Internasionale Geregshof het Israel beveel om alle militêre operasies in Rafah op te skort. Israel het reageer deur te sê die bevel laat hulle toe om Rafah in te val solank dit aan internasionale wette voldoen.
Bronne: Pakistan Today, EWN, Evening Standard
Lees ook: Israel en Hamas val mekaar weer aan





