Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie lande eis aksie teen hongersnood in Gasa

Verskeie lande eis dat aksie geneem word teen ‘hongersnood’ in Gasa

fotokrediet: Canva
Verskeie lande eis dat aksie geneem word teen ‘hongersnood’ in Gasa fotokrediet: Canva

GASA. – Verskeie lande het in ’n gesamentlike verklaring geëis dat dringende aksie teen die hongersnood in Gasa geneem moet word.

Lees ook: VN veroordeel Israeliese aanval op joernaliste

Luidens ‘n verklaring deur die VK, Europese Unie, Australië, Kanada en Japan moet “onmiddellike, permanente en konkrete stappe” geneem word om noodhulp in Gasa te verleen. Die lande het ook geëis dat die gebruik van dodelike geweld naby noodhulpverspreidingsentrums en vragmotorkonvooie gestaak word. Volgens die VN het meer as 1 300 Palestynse burgerlikes naby sulke sentrums gedood, die meeste deur die Israeliese weermag. Israel ontken dat daar hongersnood in Gasa is.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Israel gister gevra om toe te laat dat mediese voorraad aan Gasa, ook aan hospitale, voorsien word om die “katastrofiese” gesondheidsituasie aan te spreek voordat Israel beheer neem van Gasastad.

Die Hamas-bestuurde gesondheidsministerie in Gasa het gesê sowat 31 mense is in die laaste 24 uur by noodhulpverspreidingsentrums doodgemaak en dat nog vyf mense van honger dood is.

Bronne: BBC, CNN, Mirror

Lees ook: VN veroordeel Israeliese aanval op joernaliste