Die sangeres, Sonia Nel, met die verhoognaam Nianell, het op haar Facebook-blad aangekondig sy en haar kêrel, Kevin Lievaart, is vandag getroud.
Sy het ’n foto van haar en Kevin geplaas met die woorde: “Just got married! Mr & Mrs Lievaart. Sunday, 28 April 2024.”
Kevin is ook die baskitaarspeler in Nianell se orkes. Hulle het die naweek in die Atterbury-teater opgetree.
Bron: Nianell Facebook-blad





