Nigeriërs wat Kimberley-polisiestasie aanval se borg geweier

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Onogu Nwaemeka, Kelecho Oken, Ebot Kennedy, Chijioke Steven, Charles Aknaji, Umemba Sophuru, Amajoyi Tochukwu, en Charles Okerie Onyedikashi is in die Kimberley-landdroshof borg geweier.

Die agttal het gedurende April die polisiestasie en sy lede aangeval. Hulle word van opsetlike saakbeskadiging, inmeging met die gereg, aanranding en openbare geweld beskuldig.

Die hofsaak is tot 18 Julie uitgestel en die verdagtes sal deur middel van die gebruik van Audio-Visual Remand System (AVR), in die hof verskyn. Dit beteken hulle sal by korrektiewe dienste in aanhouding wees, maar met video-verbinding in die hof aangehoor word.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Onogu Nwaemeka, Kelecho Oken, Ebot Kennedy, Chijioke Steven, Charles Aknaji, Umemba Sophuru, Amajoyi Tochukwu en Charles Okerie Onyedikashi is aangekla nadat hulle Donderdagaand soos voorheen berig, die Kimberley-polisiestasie en -lede aangeval het.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê die agt verdagtes is Nigeriese burgers. Die verdagtes het op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, aanranding en openbare geweld in die Kimberley-distrikshof verskyn.

Na bewering het die polisie ‘n Nigeriese verdagte vir die besit van dwelms in hegtenis geneem. Die verdagtes het kapsie teen die inhegtenisneming gemaak. Hulle het toe die aanval geloods, waarna bykomende polisieversterkings ontbied en die arrestasies gemaak is.

Die hofsaak is tot 26 April uitgestel terwyl die ondersoek voortduur en die verdagtes in aanhouding bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief