Nikki Haley, VSA-politikus, vra beskerming van geheime diens

Lees ook :

Nikki Haley, Amerikaanse politikus, vra vir geheime diensse beskerming
Nikki Haley, Amerikaanse politikus, vra vir geheime diens se beskerming fotokrediet: Canva

Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis

VSA. – Nikki Haley, die laaste staande uitdager van Donald Trump vir die Republikeinse benoeming, het formeel aansoek gedoen vir die geheime diens om haar te beskerm.

Sy het aan die Wall Street Journal gesê sy het ekstra sekuriteit nodig weens “verskeie probleme”. Sy het ook gesê die probleme gaan haar nie keer om te doen wat sy wil nie.

Haar woning was onlangs die teiken van “swatting”. Dis wanneer poetsbakkers nooddienste bel om ’n swaargewapende polisie-eenheid na ‘n huis uit te roep sonder dat daar regtig ‘n nood of gevaar is.

Haley het gesê sy was nie by die huis nie, maar haar bejaarde ouers en die persoon wat hulle help was daar. Betogers het ook al by haar veldtogte opgedaag om haar te kritiseer.

Bronne: BBC, Bloomberg, NBC News

Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief