KWAZULU-NATAL. – ‘n Boer van Pongola is Donderdagoggend beseer toe hy op ‘n plaas deur ‘n njala deurboor is.
IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteunende paramedici het hulle na die plaas gehaas en die boer op die toneel gestabiliseer. Hy is daarna, weens sy beserings en die afeleë gebied met ‘n helikopter van Air Mercy Service (AMS) na ‘n gepaste failiteit in Durban gevlieg.





