Vodacom gaan ‘baklei’ teen beslissing in Please Call Me-saak

Lees ook :

Vodacom gaan ‘baklei’ teen beslissing oor Please Call Me-saak
Vodacom gaan ‘baklei’ teen beslissing oor Please Call Me-saak fotokrediet: Canva

Lees ook: Man wat Please Call Me-idee uitgedink het wen saak teen Vodacom

Vodacom het vandag gesê dit gaan “baklei” teen die beslissing deur die hoogste hof van appèl se besluit dat hulle byna R20 miljard aan Nkosana Makate moet betaal. Nkosana Makate maak daarop aanspraak dat hy die Please Call Me-idee uitgedink het en nooit daarvoor betaal is nie.

Die telekommunikasiereus het gesê hulle gaan aansoek doen by die Konstitusionele Hof om teen die beslissing te appelleer.

Vodacom het voorts gesê verskeie probleme en bewyse is deur die hoogste hof van appèl geïgnoreer en die beslissing en bevel is nie reg nie. Hulle is van mening die bevel en beslissing is vaag en kan nie uitgevoer word nie. Hulle voer aan dit oortree hulle regte.

Bronne: IOL, Bloomberg, The Africa, Business LIVE

Lees ook: Man wat Please Call Me-idee uitgedink het wen saak teen Vodacom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief