Nog 2 verdagtes in Lusikisiki-slagting van moord aangekla in ander hof

Lees ook :

Nog 2 verdagtes in Lusikisiki-slagting van moord aangekla in ander hof
Nog 2 verdagtes in Lusikisiki-slagting van moord aangekla in ander hof fotokrediet: Canva

Lees ook: Beskuldigde in Lusikisiki-skietery laat vaar borgaansoek

Die saak teen twee mans wat in hegtenis geneem is vir die besit van vier swaarkaliber-vuurwapens wat vermoedelik in die Lusikisiki-moorde gebruik is, is van Flagstaff- na die Lusikisiki-landdroshof oorgedra waar hulle van moord aangekla sal word.

Die verdagtes is verlede week in hegtenis geneem na 18 mense doodgeskiet is en vyf beseer is in ‘n skietery by twee wonings in Lusikisiki. Zenande Paya en Mawethu Nomdlembu het gister in die Flagstaff-landdroshof verskyn waar die saak na die Lusikisiki-landdroshof oorgedra is. Die twee sal weer Donderdag voorkom en van moord aangekla word.

Die saak teen die res van die verdagtes is tot November uitgestel.

Bronne: SABC, EWN, eNCA

Lees ook: Beskuldigde in Lusikisiki-skietery laat vaar borgaansoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief