Nog ‘n dwelmlaboratorium op plaas in Standerton ontdek

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA – ‘n Derde versteekte dwelmlaboratorium is Woensdag deur die Valke op die plaas Rooikoppen naby Standerton ontbloot, skaars ‘n maand nadat twee soortgelyke laboratoriums, sowel as ‘n pakhuis vir chemikalieë, in dieselfde omgewing ontdek is.

Volgens lt.kol. Magonseni Nkosi het die Valke opgetree na hulle inligting ontvang het oor ’n ondergrondse fasiliteit onder ‘n houer op die plaas. By nadere ondersoek is op ‘n versteekte ingang afgekom, waar verskeie stukke masjinerie en houers vol onbekende chemikalieë gevind is. Die toerusting word vermoedelik gebruik vir die onwettige vervaardiging van dwelmmiddels. Nkosi het bevestig dat die polisie Woensdag nog die toneel bewaak het om chemici van die forensiese wetenskaplaboratorium in staat te stel om die masjinerie en stowwe te ontleed.

Die jongste ontdekking volg ná die arrestasie van agt verdagtes – twee Suid-Afrikaners en ses Mosambiekse burgers – wat verbind word met die eerste twee dwelmlaboratoriums wat in April in Mahoniestraat en ook op Rooikoppen ontdek is. Elf voertuie, wat luukse voertuie insluit, asook miljoene rand, is gedurende April gekonfiskeer.

Nkosi sê die terreine bly aktiewe misdaadtonele totdat dit deur ’n ‘n maatskappy, wat deur die Valke aangestel, skoongemaak is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief