Lees ook: Indië meld eerste moontlike geval van a-pokke aan
Die departement van gesondheid het aangekondig nog ’n geval van a-pokke is in Suid-Afrika aangemeld.
Die pasiënt is ’n man (38) in Kaapstad wat verlede week na ’n privaat mediese praktyk gegaan het met letsels, ’n hoofpyn, seer keel, spierpyn en ligsensitiwiteit.
Hy het geen geskiedenis van reis nie en het nie kontak gehad met enigiemand wat moontlik a-pokke het nie.
Daar is tot dusver 25 bevestigde gevalle van a-pokke in Suid-Afrika aangemeld, met drie persone wat sedert Mei aan die siekte oorlede is.
Mense word gevra om versigtig te wees en dokter toe te gaan as hulle enige simptome ervaar.
Bronne: SA News, The Citizen, IOL





