Nog ‘n liggaam die naweek gekry

Lees ook :

Die Kagisho-polisie is ontbied nadat ‘n man se lyk Sondagoggend, 17 Maart, deur lede van die gemeenskap aangetref is.

Die polisie het omstreeks 07:30 ‘n oproep ontvang oor die 33-jarige man se liggaam wat in Nobengula straat lĂȘ. Die man het ‘n steekwond in sy bors gehad.

Volgens speurder, sgt. Marcio Capkey sal die naam van die oorledende bekend gemaak word sodra die familie in kennis gestel is.

Die oorledende is bekend aan die polisie.

‘n Saak van moord word ondersoek. Nog geen verdagte is in hegtenis geneem nie.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap indien hulle enige inligting oor die voorvalle het, ons te kontak by 082 469786,” sĂȘ Capkey.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĂȘre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief