Die Kagisho-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n onbekende man se liggaam Saterdagoggend, 16 Maart, gevind is.
Die polisie het omstreeks 07:00 ‘n oproep van die gemeenskap gekry oor die lyk wat op die hoek van Ellen Khuzwayo- en Jay Naidoo straat lê.
Met die aankoms by die toneel, het die polisie die liggaam van ‘n 24-jarige man aangetref. Hy het ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek gehad.
Volgens speurder-sersant Marcio Capkey sal die naam van die oorledende bekend gemaak word sodra die familie in kennis gestel is.
Nog geen verdagte is nog in hegtenis geneem vir die moord nie.
“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap dat indien hulle enige inligting oor die voorvalle het ons te kontak by 082 469786,” sê speurder-sersant Capkey.