24-jarige se lyk gevind

Lees ook :

Die Kagisho-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n onbekende man se liggaam Saterdagoggend, 16 Maart, gevind is.

Die polisie het omstreeks 07:00 ‘n oproep van die gemeenskap gekry oor die lyk wat op die hoek van Ellen Khuzwayo- en Jay Naidoo straat lĂȘ.

Met die aankoms by die toneel, het die polisie die liggaam van ‘n 24-jarige man aangetref. Hy het ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek gehad.

Volgens speurder-sersant Marcio Capkey sal die naam van die oorledende bekend gemaak word sodra die familie in kennis gestel is.

Nog geen verdagte is nog in hegtenis geneem vir die moord nie.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap dat indien hulle enige inligting oor die voorvalle het ons te kontak by 082 469786,” sĂȘ speurder-sersant Capkey.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĂȘre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief