KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (55) wat Saterdag glo deur sy verhuurder se hond in Temple Valley gebyt is, het Sondag aan sy beserings in ‘n hospitaal gesterf.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens het omstreeks 17:20 ‘n oproep oor die insident van ‘n vrou ontvang. Met aankoms op die toneel is die man met veelvuldige bloeiende bytmerke aangetref.
Die man is na ‘n private mediese fasiliteit gehaas waar hy Sondagoggend gesterf het.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





