Brekende Nuus
Afrikaans

Nog ’n naskok tref Afghanistan, dodetal styg

Nog ’n naskok tref Afghanistan, dodetal styg

fotokrediet: X
Nog ’n naskok tref Afghanistan, dodetal styg fotokrediet: X

AFGHANISTAN. – ’n Naskok van 5.6 op die Richterskaal het Afghanistan gisteraand getref ná Sondag se 6.0-aardbewing. Dit is die derde aardskudding in ses dae in die gebied. Die dodetal in die aardbewing het na 2 205 gestyg met 3 640 mense wat beseer is. Meer as 6782 huise is in die aardbewing vernietig en duisende inwoners is haweloos gelaat.

Lees ook: Dodetal styg ná aardbewing in Afghanistan

Reddingswerkers is steeds op soek na enige oorlewendes. Die WGO het gesê dit skaal die reddingswerk in Afghanistan op en dat die dodetal waarskynlik sal styg.

Bronne: BBC, CBS News, CBC

Lees ook: Dodetal styg ná aardbewing in Afghanistan