OOS-KAAP. – ‘n Familie van vyf, twee mans en drie vroue, het Vrydagaand omstreeks 20:30 tydens ‘n skietinisident in Bityi, buite Mthatha, gesterf.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê al die slagoffers het glo reeds geslaap toe die insident gebeur het. ‘n Ouerpaar het in ‘n rondawel geslaap en is noodlottig gewond toe twee verdagtes binnegestorm en op hulle losgebrand het. Daarna is op familie in ‘n huis op dieselfde erf geskiet. Twee kinders het die aanval oorleef, maar is gewond, waarna hulle vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Vyf aanklagte van moord en twee van poging tot moord word ondersoek. Die polisie vra enigiemand met inligting om die polisie met die ondersoek te help.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene het alle hulpmiddele gemobiliseer om die verdagtes op te spoor.





