Nog ‘n verdagte gee homself oor ná moord op e-taxibestuurder

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – ‘n Vierde verdagte het homself Maandag by die Atteridgeville-polisiekantoor in verband met die moord op ’n e-taxibestuurder in Pretoria oorgegee.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Mavela Masondo, sal die verdagte vandag (Dinsdag) op aanklagte van motorkaping en moord in die Pretoria-landdroshof verskyn. Hy sluit aan by drie ander beskuldigdes wat reeds vroeër in hegtenis geneem is. Die e-taxibestuurder is op 11 Februarie in Proklamasieheuwel, in Pretoria-Wes, vermoor nadat hy ’n ritversoek aanvaar het. Sy gekaapte voertuig en liggaam is later dieselfde dag in Atteridgeville gekry. ’n Vroulike verdagte is op 13 Februarie aangekeer. Twee mans is daarna ook in hegtenis geneem.

Al die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van motorkaping en moord. Die polisie-ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief