Polisiekommissaris moet vrae oor ontsnappings beantwoord – DA

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hulle verwelkom dat lt.genl. Thembisile Patekile, die provinsiale kommissaris, Woensdag voor die gekose komitee van veiligheid en justisie moet verskyn om antwoorde te gee oor ’n reeks ontsnappings uit polisie-aanhouding in die laaste kwartaal van 2025.

Luidens ‘n verklaring van Nicholas Gotsell, DA-MP, het voorvalle van ontsnapping in Wynberg, Strand, Bellville, Seepunt en Robertson mense se vertroue in die polisie ernstig geskend. Die kommissaris het grotendeels stilgebly, wat die parlement moes laat ingryp. Die verskyning gee die DA die kans om antwoorde te kry oor die ontsnappings en swak beheer. Gotsell sê voorts ‘n beampte werk steeds by Athlone-polisiekantoor, ten spyte van beweerde betrokkenheid by onwettige aktiwiteite soos dwelmsmokkel tussen Pollsmoor- en Athlone-polisieselle – die besluit versterk ’n kultuur van straffeloosheid. Hy sê gemeenskappe wat aan misdaad blootgestel word, verdien beter. Die DA sal die kommissaris aanspreeklik hou en druk uitoefen vir ’n professionele en betroubare polisiediens.

Druk hier om die volledige verklaring te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief