Nóg ‘n verdagte in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die polisie is besig om skoonskip teen misdaad in Kwazulu-Natal te maak met nog ‘n beweerde verdagte wat Sondagaand tydens ‘n skietery met die polisie in Esikhaleni gesterf het.

Kol. Robert Netshiunda sê polisielede het ‘n klagte van ‘n slagoffer wat glo in die Ndindima-area beroof is ontvang. Met die polisie se aankoms op die toneel het die verdagtes gevlug. Die polisie het hulle opgespoor en vier in die Ncombo-area vasgekeer. Daar is op die polisie geskiet, wat teruggeskiet het. ‘n Verdagte is noodlottig gewond en ‘n .38 Special-rewolwer met ammunisie is in sy besit gevind.

Netshiunda sê die ander verdagtes het in die bosse ingevlug en ‘n soektog is na hulle geloods.

Enigiemand met inligting oor die verdagtes word gevra om die polisie te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief