Nog nooit is so iets al gedoen nie!

Lees ook :

Hulle sê daar is altyd ‘n eerste keer vir alles. En komende naweek gaan iets so unieks in ons wêreld gebeur, dat jy nie kan bekostig om dit te mis nie!

Die Sphere in Las Vegas is ‘n musiek-en-vermaak-arena wat 18 600 sitplekke het. Dit is bekend vir sy ongelooflike video- en oudio-vermoëns, wat ‘n 16K-resolusie LED-skerm, luidsprekers met bundelvorming en golfveldsintese-tegnologie en 4D-fisiese effekte insluit.

Aan die venue se buitekant is ook 54 000 m2 se LED-skerms wat die wonderlikste uitbeeldings kan vertoon. Die arena het $2,3 biljoen gekos, wat dit die duurste vermaakplek in Las Vegas maak. Die Sphere het op 29 September 2023 met die Ierse rockgroep U2 geopen.

En nou kom ons by die pret deel. Sondag 15 September sal ons vir die eerste keer ooit ‘n gevegsportbyeenkoms by die Sphere sien. Dit is nog nooit gedoen nie, en weens astronomiese kostes betrokke, mag dit dalk nooit weer gebeur nie. UFC 306: Riyadh Season Noche is die kaart wat daar gaan plaasvind, en is die droom wat vir Dana White (president van die UFC) al vir die afgelope jaar jaag. Hy bring die beste van die beste in om aan die kaart te werk, met vele Hollywood-produsente, skrywers en kenners wat die byeenkoms enig in sy soort sal maak.  

Die tema gaan dien as ‘n liefdesbrief vir Mexiko om hulle erfenis as ‘n vegtende nasie te gedenk. Die kaart is ook van bo tot onder gevul met Meksikaanse vegters, en die aand sal afsluit met wêreldkampioen Sugar Sean O’Malley wat kragte meet met Merab Dvalishvili.

“Prelims” begin Sondagoggend om 01:30 en die hoofkaart om 04:00. Dit sal beskikbaar wees op SuperSport in Suid-Afrika.

Of jy nou ‘n gevegsportliefhebber is of nie, hierdie is ‘n belewenis wat jy nie kan mis nie!

Bert en Schalla praat bietjie oor die kaart en al die groot gevegte. Klik op die skakel hieronder om meer te hoor.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App