Nóg sewe passasiers sterf toe minibustaxi rol

Lees ook :

Foto: Departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling

MPUMALANGA. – Sewe insittendes wat Maandagoggend op die N3-tolpad, tussen Villiers en Heidelberg gereis het, het omgekom toe ‘n minibustaxi gerol het.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die provinsie se departement vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die ongeluk het vroegoggend gebeur. Die minibustaxi was van Gauteng na KwaZulu-Natal onderweg. Nog twee persone is ernstig beseer, terwyl drie ander lig beseer is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die beseerdes is na die Frankfort-hospitaal gehaas.

Jackie Macie, die LUR van die departement, sê: “Pas by heersende toestande op die pad aan, veral in die nag wanneer sigbaarheid minder word. Dit is baie hartseer om so ‘n skielike einde aan mense se lewens te sien, wanneer hulle veronderstel was om die vakansietyd saam met hul geliefdes te vier. Alle padgebruikers moet altyd hul lewens en dié van ander prioritiseer deur uiters versigtig te wees.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief