INTERNASIONAAL. – Verskeie nuwe tsoenami-waarskuwings is uitgereik ná vanoggend se aardbewing in Rusland wat 8.8 op die Richterskaal gemeet het.
Lees ook: Tsoenami – golwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing
’n Tsoenami-waarskuwing is vir Papoea-Nieu-Guinee, die Solomonseilande en Vanuata uitgereik, asook vir die meeste kusgebiede in Brits-Columbië, Kanada.
China het die tsoenami-waarskuwings vir Sjanghai en Zhejiang gelig, maar die waarskuwing vir Taiwan geld steeds.
Volgens die Amerikaanse nasionale weerdiens het die tsoenami Kalifornië bereik en beweeg van die noorde af ondertoe.
’n Tsoenamigolf van 1.74 m het Kahului, Maui getref en ’n golf van 1.5 m golf Hilo in Hawaii.
Inwoners van Japan, Rusland en die VSA word nog ontruim en word gewaarsku om die kus te vermy.
Bronne: BBC, The Mirror, AOL
Lees ook: Tsoenami – golwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing





