Nog twee verdagtes in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Nog twee gesoekte moord- en-roofverdagtes is vanmiddag deur die polisie in Thembeni in KwaDukuza doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie, wat na die verdagtes op soek was, het hulle verlede week net-net misgeloop. Inligting is intussen ingesamel en opgevolg, waarna die polisie die verdagtes langs die Link-Thembeni-pad opgemerk het. Daar is aangedui die verdagte voertuig moet stilhou. Twee verdagtes het uit die voertuig gespring en op die polisiebeamptes begin skiet, wat op hulle beurt teruggeskiet het.

Netshiunda sê die twee verdagtes is noodlottig gewond.

“’Die 41-jarige vroulike bestuurder van die verdagte voertuig is ongedeerd, maar is in hegtenis geneem.”

‘n Ondersoek is steeds op die misdaadtoneel aan die gang. ‘n Vuurwapen is in die verdagtes se besit gevind. Nog ‘n vuurwapen en ‘n onbekende bedrag geld is in die verdagte voertuig gevind. Voorlopige ondersoek dui aan die voertuig waarin die verdagtes gery het, behoort aan ‘n polisiebeampte.

“Tot dusver is geen verband tussen die beampte en die oorlede verdagtes gevind nie. Die oorledenes is tot dusver met vier moordsake, een poging tot moordsaak en een huisroof verbind.”

‘n Ondersoek na meer verdagtes wat vermoedelik deel van ‘n sindikaat is, duur voort.

“’n Polisiebeampte is deur ’n koeëlvaste baadjie gered toe hy drie keer in die bors geskiet is. Hy sal vir berading deur die werknemergesondheid- en welstandprogramme (EHW) geneem word.”

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief