Nog twee vlieginsidente ondersoek na noodlottige ongeluk by Saldanha-lugskou

Lees ook :

Foto's: Suburban Control Centre en Oudtshoorn Courant

WES-KAAP en LIMPOPO. – Saterdag se tragiese vliegtuigongeluk by die Saldanha-lugskou was nie die enigste insident in die lugvaartbedryf die afgelope naweek nie. Buiten die ongeluk by die lugskou, word nog twee vlieginsidente tans ondersoek, een in die Wes-Kaap en die ander in Limpopo.

Niemand is beseer toe ‘n vlieënier Saterdag ‘n noodlanding op Van Wyksdorp gemaak het nie, maar drie is ernstig beseer toe ‘n vliegtuig Sondagoggend in Thohoyandou neergestort het.

Sisa Majola van die Burgerlugvaartowerheid sê aan Nuusflits ‘n Beechcraft Bonanza, met ‘n vlieënier en twee passasiers aan boord, het ‘n private vlug vanaf Mosselbaai onderneem en was onderweg op pad terug na Mosselbaai-lughawe om te land toe ‘n enjin-onreëlmatigheid ondervind is en ‘n noodlanding uitgevoer moes word. Geen beserings is aangemeld nie.

‘n Tweede insident in Limpopo is opgeteken toe ‘n Jabiru J430-vliegtuig Sondagoggend met drie insittendes, ‘n vlieënier en twee sakemanne, naby Thohoyandou neergestort het. Die vliegtuig het ‘n private vlug van Nandoni-vliegveld in Thohoyandou na Louis Trichardt-vliegveld (Makhado) onderneem toe die ongeluk 23 kilometer oos van Nandoni plaasgevind het. Die drie persone is ernstig beseer en word tans behandel. Die ongeluk word steeds ondersoek.

Die Burgerlugvaartowerheid het bevestig dat voorlopige verslae van beide insidente na 30 dae op hul webwerf beskikbaar sal wees.

Lees ook meer hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief