Lees ook: Noodglyplank val van Delta Boeing af
NEW YORK, VSA. – Die noodglyplank wat van ’n Boeing afgeval het, is buite die huis van ’n prokureur gekry. Jake Bissell Linsk het gesê die noodglyplank is buite sy strandhuis in die water gekry.
Hy het gesê hulle het die FAA gebel toe hulle dit kry, maar dié is toe op Sondae, dus moes hulle Delta bel om dit te gaan haal. Linsk het gesê hy dagvaar Boeing nou oor die veiligheidsprobleem.
’n Delta-vliegtuig wat op pad was na Los Angeles moes omdraai toe die opblaasbare noodglyplank van die regtervlerk afgeval het. Daar is vermoed dit het in Jamaica Bay geval.
Die FAA het gesê die vliegtuig betrokke in die voorval is 33 jaar oud. Hulle ondersoek die voorval.
Bronne: Daily Mail, Independent, New York Post
Lees ook: Noodglyplank val van Delta Boeing af





