Noodlanding op strand glo weens besoedelde brandstof

Lees ook :

Foto: ARCC

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ligte vliegtuig het Sondag ‘n suksesvolle noodlanding op Long Beach, noord van Richardsbaai, gemaak nadat die vlieēnier vermoed het dat besoedelde brandstof ‘n probleem veroorsaak het. Al drie insittendes het die voorval ongedeerd oorleef.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Norman Rautenbach, stasiebevelvoerder van die NSRI-Richardsbaai, dat die reddingspan kort voor 15:00 deur die nood-operasiesentrum van die situasie in kennis gestel is, nadat die Lugvaart-reddingskoördinasiesentrum (ARCC) inligting ontvang het van ‘n ligte vliegtuig wat ‘n noodlanding op die strand moes maak. Die NSRI, Netcare 911 en die polisie is na die toneel ontbied. Die vlieēnier is deur ‘n omstander vervoer om brandstof vir die vliegtuig te gaan haal, terwyl die vliegtuig bo die hoogwatermerk op die strand gestaan het. Nadat brandstof ingegooi is, het hulle probeer om te vertrek, maar weens die sagte sand en duisternis is daar besluit om eerder te wag vir laagwater die volgende oggend. Maandagoggend vroeg, in die teenwoordigheid van Richardsbaai se Brand- en Reddingsdienste en ‘n NSRI-bemanningslid, het die vliegtuig van die strand af opgestyg en veilig op Richardsbaai se lughawe geland.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief