WASHINGTON. – Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) het gister voorgestel dat helikopters die sogenaamde Route 4 oor die Potomac-rivier, ‘n strook van 4 myl lank, vermy wanneer aanloopbaan 15 of 33 by die Ronald Reagan Nasionale Lughawe in gebruik is.
Lees ook: Voorlopige data van AA- en Black Hawk-vlugte wys teenstrydige hoogtelesings
Dit volg na ’n botsing tussen ’n American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter in Januarie.
Die voorstel is deel van die NTSB se voorlopige verslag oor die botsing. Die verslag het nog nie die oorsaak van die ongeluk bekend gemaak nie, dit kan meer as ’n jaar neem voor dit bekend is.
Volgens die NTSB was daar tussen 2021 en 2024 data van 15 214 insidente wat byna tot ongelukke gelei het. Hierdie was volgens hulle ‘n duidelike waarskuwing oor ‘n potensiële ramp, maar dit is deur die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) geïgnoreer.
Dit is moontlik dat die vlieëniers in die Black Hawk nie kon hoor wat die beheertoring sê nie en het nie besef hulle vlieg te hoog nie. Daar was ook net een kontroleerder wat twee se werk in die toring op die aand van die ongeluk moes doen.
Bronne: New York Times, CNN, The Independent
Lees ook: Voorlopige data van AA- en Black Hawk-vlugte wys teenstrydige hoogtelesings