eTHEKWINI, KZN. – Drie vroue is na bewering van onderdele van elektroniese toestelle ter waarde van R1 800 beroof toe die nutsman wat hulle gehuur het alles behalwe sy werk gedoen het.
Volgens Reaction Unit South Africa het die drie vroue op verskillende geleenthede die afgelope week die nutsman gekontak om onder andere wasmasjiene en ’n mikrogolf te herstel.
Die nutsman het sy diens gelewer en betaling gekry. Al drie vroue is aangesê om die elektroniese toestelle eers na ’n uur aan te skakel. Hulle het gevind dat die toestelle nie werk nie. In plaas van dit regmaak, het hy na bewering onderdele uitgehaal.
Die verdagte het die vroue se oproepe geblok en sy foon is sedertdien afgeskakel.
Bron: Reaction Unit South Africa





