Nuusflits het gevra paartjies moet met hul liefde spog en foto’s wat hulle verhoudings vier, instuur.
Hier is foto’s van drie paartjies en wat hulle oor hulle liefde te sê het.

Christine en Shaun Venter
“Valentynsdag is vir ons nie net ‘n liefdevolle dag nie, maar ook die verjaardag van my liefde van my hart.”
Dankie vir die instuur van die mooi boodskap en foto, Shaun. Van Nuusflits se kant wil ons ook vir Christine gelukwens met haar verjaardag.

Elize en Leon de Lange
“Dis nou nie ‘n romantiese storie nie, maar wel ‘n andersom een.
“Valentine’s 2012 kom my man by die huis met ‘n beertjie wat sê STERNS 2012 en gee dit so ewe vir my met die baie duur horlosie wat hy vir homself gekoop het vir val-ini-tuin-dag. Ek het maar die verniet beertjie gekry.
.
“Was ek gelukkig? Nee glad nie!!! Het ek gedink hy is selfsugtig? Ja natuurlik!! Ek het die beertjie net so vir ons dogtertjie gegee en gesê: “Kayla, is joune”. 
“Hy is glad nie romanties nie, maar tog elke dag is daar iets kleins wat my laat besef hy’t my lief en ek vir hom so baie. Dis nie net ‘n een-dag-ding nie, maar ‘n elke-dag-ding om te wys ek het jou lief deur al die klein goedjies wat op die einde van die dag die groot liefde wys.”
Dankie Elize, vir die deel van julle besonderse ervaring met ‘n teddiebeertjie.

Manie en Rani Landsberg
“Ons is al 26 jaar saam en 25 jaar getroud. Ons woon in Port Shepstone. Elke dag is nie maanskyn en rose nie, maar ons verhouding is gebaseer op vertroue en wedersydse respek. Dit is die klein dingetjies in die lewe wat tel, soos om haar badwater te tap, voete te masseer na n lang dag, haar te help in die huis en met die kinders. Wanneer sy jou gunstelingkos maak, julle in mekaar se arms lê en TV kyk, jy haar hand vashou as julle dorp toe gaan, vir haar die kar se deur oopmaak. Romanse is wanneer jy ‘n gentleman is en sy ‘n lady.”
Dankie aan Manie en Rani Landsberg wat die mooi les van hoflikheid en mekaar in ag neem met ons deel.
Gelukkige Valentynsdag aan elkeen wat Nuusflits lees en dankie aan die paartjies wat deelgeneem het sodat ons drie paartjies se stories met ons lesers kon deel.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





