Alhoewel die Noord-Kaap steeds die provinsie met die minste aantal Covid-19-gevalle in die land is, styg die syfers steeds daagliks. Daar is nou 5 131 gevalle.
Die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik is steeds die distrik met die meeste aktiewe gevalle in die provinsie.
Daar is in totaal 36 sterftes weens die virus in die provinsie aangekondig. Daar is ook 1 874 persone van die virus genees.