Nuutste korona-statistieke in die Noord-Kaap

Lees ook :

Die Noord-Kaap se nuutste korona-statistieke is op 14 Mei deur die provinsiale regering bekendgemaak. Daar is tot op hede geen sterftes in die Noord-Kaap weens die koronavirus aangemeld nie.

Die gevalle word volgens streek ingedeel. In die Frances Baard-distrik is daar 23 bevestigde gevalle, in die Namakwa-distrik is daar drie, die Pixley Ka Seme-distrik het een geval, die ZF Mqcawu-distrik het drie gevalle en die JTG-distrik het een.

In die Frances Baard-distrik is 14 persone al van die virus genees, in die Namakwa-distrik drie, in die Pixley Ka Seme-distrik een en in die ZF Mqcawu-distrik twee.

Daar is tot dusver in die Noord-Kaap 800 544 skanderings gedoen en 3 183 mense is getoets.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief