Amazon het aangekondig dat I am: Celine Dion die 25ste Junie wêreldwyd vrygestel gaan word. Dit sal op Prime Video gekyk kan word.
Die dokumentêr sal ’n blik op die sangeres, Celine Dion, se stryd teen “strammenssiekte” bied. Volgens Dion is die dokumentêr ’n liefdesbrief aan haar aanhangers wat ook wys hoe musiek haar lewe begelei het. Dit stel ook haar veggees ten toon en bied ’n kykie na haar privaat lewe agter die skerms.
Bronne: Celine Dion webtuiste, USA Today





