Nuwe Covid-19 variant word gemonitor

Lees ook :

Foto: NIOS

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) sê die nuwe COVID-19-variant, bekend as Nimbus of NB.1.8.1, is in verskeie Asiatiese lande geïdentifiseer en is deur gesondheidsowerhede as ’n SARS-CoV-2-variant aangewys.

NIOS sê luidens ‘n sosiale mediaplasing het owerhede hierdie variant nog nie in Suid-Afrika aangetref nie.

Die voorkoming van die verspreiding van alle respiratoriese siektes bly egter belangrik. Die publiek word aangemoedig om goeie higiëne toe te pas deur hande gereeld te was, in ’n sneesdoekie of elmboog te hoes en om afstand the hou wanneer hulle siek is. Mense wat ernstig siek is, kan gerus maskers dra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief