Nuwe dramareeks gegrond op Deon Meyer se karakters bekendgestel

Lees ook :

Plan B wys elke Dinsdagaand om 20:00 op kykNET. Illustrasie: kykNET

OUDTSHOORN, WES-KAAP. – Die nuwe dramareeks, Plan B, wat op Deon Meyer se karakters gegrond is, is gisteraand amptelik by die KKNK bekendgestel.

Die reeks skets vir kykers ’n agtergrond van kunsdiefstal en swendelaars. Dit fokus op mans wat weerlose vroue wat op soek is na liefde, uitbuit. Tim Theron, Arnold Vosloo, Armand Aucamp en Amalia Uys is in die reeks te sien .

Tertius Kapp het die draaiboek van die reeks geskryf. Plan B kan elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (kanaal 144) gesien word. Die eerste episode het reeds gisteraand gewys.

Die lokprent:

Bron: kykNET, KKNK-Facebookblad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief