Brekende Nuus
Afrikaans

Nuwe inligting in Senzo Meyiwa-saak teenstrydig met getuienis

Adv. Zandile Mshololo, watbeskuldigde nommer 5 verteenwoordig, het getuienis voorgehou wat teenstrydig met Zungu se getuienis is.

Nuwe inligting in Senzo Meyiwa-saak teenstrydig met getuienis
Nuwe inligting in Senzo Meyiwa-saak teenstrydig met getuienis fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting van polisie weerhou

PRETORIA. – Die verdediging in die Senzo Meyiwa-saak het nuwe bewyse ingedien wat teenstrydig is met die getuienis van konst. Sizwe Zungu.

Zungu het getuig hy was saam al die verdagtes by ‘n hostel in Vosloorus op die dag van Meyiwa se moord waar saam gedrink is.

Adv. Zandile Mshololo, watbeskuldigde nommer 5 verteenwoordig, het getuienis voorgehou wat teenstrydig met Zungu se getuienis is.

Mshololo het foto’s voorgelê van haar kliënt en beskuldigde nommer 3 by ‘n koshuis op George Goch op 26 Oktober 2014, dus was hulle nie in Vosloorus toe Meyiwa vermoor is nie. Die beskuldigdes het almal gesê hulle het nog nooit vir Zungu ontmoet nie.

Meyiwa is op 26 Oktober 2014 by sy meisie, Kelly Khumalo, se huis doodgeskiet in ‘n beweerde roof wat verkeerd geloop het.

Bronne: Briefly, EWN, TimesLIVE

Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting van polisie weerhou