Nuwe Iranse president belowe moraliteitspolisie sal nie meer vrouens ‘pla’ nie

Lees ook :

Nuwe president van Iran belowe moraliteitspolisie sal nie meer vrouens ‘pla’ nie
Nuwe president van Iran belowe moraliteitspolisie sal nie meer vrouens ‘pla’ nie fotokredie: Canva

Lees ook: Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet oor hijab

IRAN. – Die nuwe Iranse president, Masoud Pezeshkian, het gesê die moraliteitspolisie in Iran sal nie meer vrouens “pla” oor die dra van ‘n kopbedekking nie.

Pezeshkian het gesê die moraliteitspolisie was nie veronderstel om vrouens oor hulle kopbeddekings te konfronteer nie. Hy het gesê hy sal opvolg om “seker te maak hulle pla hulle nie.”

Die aankondiging volg saam met die twee jaar herdenking van die dood van Mahsa Amini (22) wat op 16 September 2022 dood is in aanhouding deur die moraliteitspolisie. Sy is dood na sy in hegtenis geneem is omdat sy nie haar hijab “reg” opgehad het nie.

Bronne: The Independent, The Japan Times, BBC

Lees ook: Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet oor hijab

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief