Nuwe polisiestasie vir Mfuleni beoog

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Prof. Firoz Cachalia, die minister van polisie, het Donderdag met Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, vergader as deel van voortgesette gesprekke oor misdaad en polisiedienste in die stad. Terwyl ‘n munisipale gebou tydelik vir Mfuleni-polisiedienste aangebied is, word ‘n volwaardige polisiekantoor beoog.

Kamogelo Mogotsi, ministeriële woordvoerder, Jamie Turkington van die Stad Kaapstad en brig. Potelwa, sê in ‘n gesamentlike verklaing inwoners het tydens gemeenskasvergaderings vroeër die week in Mitchells Plain en Mfuleni bekommernis uitgespreek, onder meer oor die afwesigheid van ’n polisiestasie in Mfuleni. Die huidige Blue Downs-polisiekantoor kan glo nie die groeiende gemeenskap voldoende dien nie.

As uitkoms van die vergadering het Hill-Lewis ingestem dat 380 m² kantoorruimte in die munisipale gebou in Mfuleni aan die SAPD beskikbaar gestel word vir ’n polisiestasie. Dit is ’n tussentydse oplossing om polisiesigbaarheid en toegang tot polisiedienste te verbeter. Planne vir ‘n volwaardige polisiestasie op die aangrensende erf is vir die medium tot lang termyn in die vooruitsig.

“Dit is ’n voorbeeld van koöperatiewe regering in aksie. Deur sulke vennootskappe kan vertroue tussen gemeenskappe en wetstoepassing herstel word,” het Cachalia gesê.

Hill-Lewis het beklemtoon: “Die Stad bied dringend hulp aan om ’n volwaardige polisiestasie in Mfuleni moontlik te maak. Hierdie gebied word swaar deur misdaad geraak en dit moet vinnig onder beheer gebring word om veiligheid vir inwoners te verseker.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief