Nuwe Sterredak-teater amptelik in Kalahari geopen

Lees ook :

Sterredak-buitelugteater is amptelik geopen. Foto: Doringdraad FB-blad

DEBEN, NOORD-KAAP. – Inwoners van die Kalahari het hulle Vrydagaand 16 Februarie gate uit geniet by die amptelike opening van die nuwe Sterredak-teater by die bekende Doringdraad Kontrei-kuierplek op Deben. APPEL was die eerste sanger wat by Sterredak opgetree het.

Die Doringdraad Kontrei-kuierplek, wat verlede jaar sy dertiende bestaanjaar gevier het, is gewoonlik ’n restaurant waar daar soms musiekkonserte aangebied is. Jan Blohm, Gerhard Steyn, Brendan Peyper en Dirk van der Westhuizen het al daar opgetree.

Volgens Dennis Jacobs was dit die meeste kaartjies wat Doringdraad al vir ’n musiekkonsert verkoop het. Nagenoeg 600 mense het die konsert bygewoon. “Daar was niks. Toe bou ons Sterredak-teater in vier tot vyf weke, spesiaal vir die APPEL-vertoning.”

Jacobs het die “droom” gesien en Sterredak met plaaslike bouers en helpers van Deben gebou. Elkeen wat gehelp het, word as “wonderlik” beskryf. “Dit beteken baie vir Deben.”

“Dit was heerlik! Dis was nou ’n regte plaaswerf kuier in die opelug met donkies en hoenders om ’n mens. Dit was iets anders en natuurlik regte Kalahari-mense wat net ’n lekker tyd wou hê,” het een konsertganger aan Nuusflits gesê.

Beide die eienaars en inwoners hoop dit is die begin van nog baie herinneringe wat by Sterredak-teater gemaak gaan word.

Die volgende boufoto’s is deur die eienaars verskaf. Optrede-foto’s is deur gaste geneem.

Bronne: DoringDraad Kontrei-kuierplek, APPEL Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief