NVG trek aanklagte teen 95 Libiese burgers terug

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die NVG in die provinsie het aanklagte teen die 95 Libiese burgers wat deur die polisie vir oortreding van die immigrasiewet gearresteer is, teruggetrek.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê Sonja Ntuli, die waarnemende direkteur vir openbare vervolging in die provinsie, het alle beskikbare bewyse nagegaan.

“Na oorweging van die bewyse en beleid is besluit om die aanklagte teen alle beskuldigdes wat in Julie 2024 by die militêre opleidingskamp gearresteer is, terug te trek. Die aanklagte het betrekking op beweerde wanvoorstellings wat deur die beskuldigdes in hul aansoeke om studievisums te bekom, gemaak is. Daar was ander ernstiger bewerings waarna die SAPD moes kyk.”

Nyuswa sê daar is nou met rolspelers in die kriminele justisiesisteem gewerk en daar is besluit die saak sal administratief in terme van die immigrasiewet en sy regulasies van binnelandse sake hanteer word.

“Belangrik is dat die SAPD (Valke) voortgaan met ondersoeke teen die beplanners, organiseerders en finansiers van die militêre opleidingskamp. Die NVG werk nou saam met die Valke om te verseker dat hierdie vermeende misdadigers soos toepaslik voor die hof gebring word.”

Die Libiërs sal in aanhouding van binnelandse sake bly totdat hulle gedeporteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief