VANDERBIJLPARK, GAUTENG. – Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoek-kampus het onlangs ’n nuwe sonkragaanleg op parkeerafdakke bekendgestel.
Volgens hulle sal dit help tydens beurtkrag en om die universiteit se koolstofvoetspoor te verminder.
Die sonkragaanleg bevat 696 sonpanele. Volgens prof. Linda du Plessis, adjunk- vise-kanselier vir beplanning, word sonkrag toenemend gewilder omdat dit effektief en omgewingsvriendelik is.

Bronne: NWU, 90.6 FM