Lees ook: Iran gaan Israel dagvaar oor aanval op konsulaat
Die prys van olie het die week gestyg na Iran gesê het hulle gaan Israel aanval uit weerwraak vir die aanval op die konsulaat in Sirië.
Amerika en verskeie ander lande glo die weerwraakaanval sal binnekort plaasvind na die Iranse leier herhaal het hulle gaan weerwraak neem.
Hy het wel gesê hulle sal nie die roete vir olie uit die Midde-Ooste blokkeer nie. Die prys van Brent-ru-olie het tot dusver met 1.1% gestyg, maar sal waarskynlik nog styg as in die geval van ‘n aanval.
Dit beteken die brandstofprys in Suid-Afrika sal waarskynlik weer aan die einde van die maand styg.
Bronne: Moneyweb, World Oil, Al Arabiya





