Olifantrob op pad na Koggelbaai

Lees ook :

GORDONSBAAI. – Die manlike olifantsrob wat Dinsdagoggend opslae gemaak het toe hy in ‘n woonbuurt in Gordonsbaai opgedaag het, is intussen gesedeer en is op pad na Koggelbaai vir veilige vrylating terug in sy natuurlike omgewing.

KYK: Olifantrob kuier in Gordonsbaai

Volgens Belinda Abrahams, woordvoerder van die Kaap die Goeie Hoop DBV, is Suidelike olifantsrobbe is nie inheems aan Kaapstad nie. “Hulle is skaars besoekers van sub-Antarktiese streke en hulle teenwoordigheid op Suid-Afrikaanse strande hou gewoonlik verband met broei- of rusperiodes tydens lang oseaanreise. Die naaste gevestigde kolonie aan Kaapstad is op Marion-eiland, sowat 2,177 km ver.

Die DBV het saam met SANParke, die Stad Kaapstad se mariene eenheid, Two Oceans Aquarium en Shark Spotters, asook wetstoepassers en nooddienste, gewerk om dié reddingsaksie suksesvol te maak.

Waarnemings van olifantsrobbe in residensiële gebiede is uiters ongewoon.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief