Lees ook: Twee Phala Phala-verdagtes kry borg
SASOLBURG. – Die liggaam van ’n onbekende swartman is Donderdag gekry waar dit in die Vaalrivier dryf.
Die man is tussen 70 en 75 jaar oud en het ’n bruin moulose oortrektrui, blou oorpakbaadjie, swart broek en rooi T-hemp aangehad. Die man het ’n klein baard, twee ronde, silwer oorbelle, en een van sy pinkies is geamputeer.
Die polisie het gevra enigiemand met inligting moet hulle kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Twee Phala Phala-verdagtes kry borg





