Brekende Nuus
Afrikaans

Twee Phala Phala-verdagtes kry borg

Frolina en David Joseph is op borg vrygelaat danksy hulle samewerking met die polisie.

Twee Phala Phala verdagtes kry borg
Twee Phala Phala verdagtes kry borg fotokrediet: Canva

Lees ook: ‘Dis ’n man en ’n vrou’ sê Valke oor verdagtes in hegtenis vir Phala Phala-roof

BELA-BELA. – Twee van die drie verdagtes wat vir die Phala Phala-roof in hegtenis geneem is, is vandag op borg vrygelaat.

Die drie verdagtes het vandag in die Bela-Bela-distrikshof verskyn op aanklagtes van diefstal, huisbraak, geldwassery en sameswering om ’n plaas te beroof.

Frolina en David Joseph is op borg vrygelaat danksy hulle samewerking met die polisie. Imanuwela David bly in aanhouding.

Bronne: The Citizen, EWN, TimesLIVE

Lees ook: Nog ‘n verdagte van ‘diefstal’ by Phala Phala vandag in hof