Onderburgemeester van Cederberg skuldig aan bedrog

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Benjamin Zass, die onderburgemeester van Cederrberg-munisipaliteit, is deur die Bellville-handelsmisdaadhof op aanklagte van bedrog en die wet op munispale finansiële bestuur skuldig bevind.

Die hof sal op 29 Mei met vonnisverrigtinge voortgaan.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê André Botman, die staatsadvokaat in die saak, het Zass suksesvol vervolg. Sewe persone, wat Louisa Swartz, die klaagster, Rodney Swartz, haar seun, Collin Davids, die voormalige bestuurder, Henry Slimmert, die munispale administrateur, Johan Francois van der Westhuizen, die rekenmeester en Michael Adrian Smit, die finansiële hoof, asook sers. Mokwena, die ondersoekbeampte, in, wat getuienis gelewer het

Swartz was die enigste eienaar van RJ Swartz, ‘n maatskappy wat op die Cederberg-munisipaliteit se verskaffersdatabasis geregistreer is en wat vir die munisipaliteit se “Back to School”-projek, met ‘n kwotasie van R20 000 getender het, om skooldrag aan 100 leerlinge uit benadeelde agtergronde te verskaf. Op 23 Januarie 2018 het die munisipaliteit die R20 000 in haar besigheidsbankrekening inbetaal. Kort daarna het sy ’n oproep van die beskuldigde ontvang wat haar meegedeel het dat die munisipaliteit besluit het om die projek self te bestuur, en dat sy die geld, minus R500 vir administrasiekoste, moes terugbetaal.

Sy het die munisipaliteit se bankbesonderhede versoek om die geld terug te betaal, maar die beskuldigde het haar gevra om hom buite ’n plaaslike kruidenierswinkel te ontmoet en die geld in kontant te bring. Swartz het getuig dat sy ongemaklik gevoel het om so ’n groot bedrag kontant in ’n papiersak te dra en het haar seun gevra om haar te vergesel.

Zass het getuig dat hy op instruksie van Slimmert opgetree het, maar Slimmert het dit ontken en slegs bevestig dat sy departement die faktuur afgeteken het wat die kwitansie van die goedere bevestig het, wat nie die geval was nie. Slimmert het getuig dat raadslede, insluitend die onderburgemeester, verbied word om met verskaffers in te meng. Die finansiële hoof en die rekenmeester het ook getuig dat dit onbehoorlik is vir raadslede om in die verkrygingsproses in te meng.

Botman het voorts in sy betoog verduidelik dat die munisipaliteit ingevolge interne regulasies en wetgewing funksioneer, insluitend die grondwet en die wet op munisipale finansiële bestuur 56 van 2003. Artikel 118(a) van die wet bepaal dat geen persoon met die voorsieningskettingbestuur van ’n munisipaliteit of munisipale entiteit mag inmeng nie. Die beskuldigde het die klaagster gekontak en haar meegedeel dat hy die projek direk van sy kantoor sou bestuur. In plaas daarvan om die verskaffer toe te laat om die skooldrag aan behoeftige kinders te lewer, het hy sy posisie van vertroue misbruik deur die fondse onregmatig sonder behoorlike magtiging van die munisipaliteit te neem.

Die hof het die beskuldigde se weergawe van gebeure verwerp en bevind dat hy die misdade van bedrog en die oortreding van die wet op munisipale finansiële bestuur gepleeg het.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief