Ondersoek duur voort ná ontvoerde vroue veilig gevind is

Lees ook :

Foto: Specialised Security Services

OOS-KAAP. – Die ondersoek na die ontvoering van twee vroue op onderskeidelik 17 en 20 September word steeds ondersoek. Beide vroue is Donderdag veilig teruggevind.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana, woordvoerder vir die Valke, sê ‘n deurbraak in die twee sake is binne dae gemaak. Die deurbraak is te danke aan ‘n intelligensiegedrewe operasie wat deur die tussentydse transitoroofspan van die Valke, taktiese reaksie-eenheid (TRT), misdaadintelligensie (CI), provinsiale opsporingspan en gyselaaronderhandelaars, uitgevoer is.

“Dit het daartoe gelei dat twee slagoffers weens druk wat die polisie op die ontvoerders uitgeoefen het, vrygelaat is. Die slagoffers is gyselaar gehou en ná dae vrygelaat.”

Mhlakuvana sê Alize van der Merwe (39) is op 20 September deur ongeïdentifiseerde verdagtes oorval terwyl sy met ‘n Toyota Furtuner na die Umngazi Resort, Porth St. John’s, gery het Die ander slagoffer (34) is op 17 September tussen Barkley-Oos en Elliot oorval.

“Die gesamentlike span van die polisie het 24 uur per dag aan die ondersoek gewerk. Gevolglik is die slagoffers na bewering deur ‘n wit Toyota-enkelkajuitbakkie naby die Sulenkama-polisiestasie afgelaai. Albei slagoffers is fisies ongedeerd, maar getraumatiseer en is na ‘n gesondheidsfasiliteit vir mediese bystand geneem. Die ondersoeke is nog aan die gang.”

Beide die slagoffers is met hulle families herenig.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App