Ondersoek lei na dwelms op verskeie persele

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Ondersoek en operasies deur verskeie polisie-eenhede het Dinsdag op onderskeidelik Secunda en Bethal tot suksesse gelei toe op plekke toegeslaan is waar dwelms na bewering vervaardig en verkoop word.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê geheime operasies is uitgevoer, verdagtes is geïdentifiseer en soek-en-beslagleggingslasbriewe is uitgevoer wat verskeie suksesse tot gevolg gehad het.

Op Secunda is ‘n dwelmlaboratorium, ammunisie en vuurwapens op ‘n plaas gekonfiskeer. ‘n Verdagte (70) is in hegtenis geneem.

Op Bethal is onder meer toerusting van ‘n dwelmlaboratorium, ammunisie en hallusinogene sampioene (magic mushrooms) beslag gelê. ‘n Verdagte (40) is vasgetrek.

Sekgotodi sê los en verpakte hallusinogene sampioene is by nog ‘n adres op Secunda gekonfiskeer waar ‘n verdagte vrou (32) in hegtenis geneem is. Beslaglegging op nog ‘n perseel het dagga, hallusinogene sampioene, plante en chemikalieë ingesluit. Op hierdie toneel is ‘n verdagte (33) vasgetrek.

Tydens nog ‘n deursoeking by ‘n sakeperseel is droë dagga met ‘n gewig van 1.560 kg, daggakougom en -sjokolade gekonfiskeer en ‘n verdagte (35) is in hegtenis geneem.

Die ondersoek van die polisie duur voort. Die verdagtes het in die Secunda-landdroshof verskyn.

Verskeie polisie-eenhede, wat dié van Secunda, Middelburg, Witbank en Witrivier insluit, was by die suksesvolle operasies betrokke.

“We shall leave no stone unturned to eradicate all forms of drug smuggling which destroys the very fibre of society,” sê genl.maj. Gerber.  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief