GAUTENG. – Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het ‘n bewaringsbevel bekom wat verhoed dat twee luukse eiendomme van Tshepo Lucky Montana, die voormalige uitvoerende hoof van Prassa, verkoop of oorgedra word hangende siviele verrigtinge. Die eiendomme word met ‘n tender van R5.6 miljard verbind.
Selby Makgotho, woordvoerder van die SOE, sê die bevel hou verband met die ondersoek na Prasa se omstrede R5,6 miljard-kontrak vir die Integrated Security Access Management System (ISAMS), wat aan Siyangena Technologies toegeken is. Die eiendomme sluit ‘n woning in Hurlingham, Johannesburg, ter waarde van R13,5 miljoen in, en ‘n woning in Waterkloof, Pretoria, wat vir R2,25 miljoen gekoop is.
Volgens die SIU kon Montana se wettige inkomste nie die aankoop van die twee eiendomme verklaar nie. Die ondersoek het na bewering ‘n geldspoor blootgelê wat die aankope met betalings uit die R5,6 miljard-kontrak verbind. Die Spesiale Tribunaal het die partye gelas om op 11 Augustus te verskyn om redes aan te voer waarom die tussentydse bewaringsbevel nie finaal gemaak moet word nie.
Druk hier om meer te lees.







